Beste praktyke om in te teken
Voordat jy vir 'n Kerkportaal-rekening inteken, moet jy eers 'n basiese YouVersion-rekening hê. Wanneer jy kies watter YouVersion-rekening om te gebruik, het ons 'n paar beste praktyke om in gedagte te hou.
V: Is hierdie rekening gekoppel aan 'n e-posadres waartoe jy gereeld toegang verkry?
Nie net sal jy jou YouVersion-rekening per e-pos moet bevestig nie, ons sal ook produkopdaterings, nuttige wenke en nuwe opleiding na hierdie e-posadres uitstuur. Jy sal oor soveel interessante dinge in kennis gestel word, dat jy daardie e-pos gereeld sal wil nagaan!
V: Wil jy gebruik van jou persoonlike YouVersion afsonderlik van jou werkgebruik hou?
Indien wel, verstaan ons dit heeltemal! Ons let op dat baie leraars & kerkleiers 'n nuwe YouVersion-rekening skep wat aan hul werk se e-pos verbind is. Hulle teken dan by hul Kerkportaal se rekening aan met daardie YouVersion-rekening, maar gebruik nog steeds hulle persoonlike rekening vir daaglikse Bybellees, nagaan van persoonlike gebede ensovoorts.
V: Wil jy 'n YouVersion-rekening gebruik wat vir verskeie mense maklik toeganklik is?
In plaas daarvan om gebruik te maak jou persoonlike YouVersion-rekening of een wat met jou werk se e-pos geassosieer word, kan jy ook 'n YouVersion-rekening skep deur 'n generiese kerk-e-pos te gebruik (byvoorbeeld info@joukerknaam.com). Dit werk goed vir kerke wat wil hê dat die portaaleienaar 'n neutrale rekening moet wees, in teenstelling met 'n spesifieke individuele-rekening.
Nadat jy jou algemene YouVersion-rekening opgestel het, is jy gereed om by die Kerkportaal aan te teken! Ons kan nie wag om te sien hoe God hierdie hulpbronne in jou bediening sal gebruik nie.